H/V Kruis & Kerk St. Parys
Baptistekerk Parys
082 569 1907

"Skuldig" | Romeine 3:9-18

8 En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.
9 Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is,
10 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.
12 Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.
13 Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe.
14 Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.
15 Haastig is hulle voete om bloed te vergiet.
16 Verwoesting en ellende is in hulle paaie,
17 en die weg van vrede ken hulle nie.
18 Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.